Ken jy my?

1. Eerste dag by die werk
Geen mens kon na my eerste program luister nie. Ek het alles neergeskryf wat ek wou sê en mens kon duidelik hoor ek lees alles.

2. Wat sal jy jou boot noem?
Banksin.

3. Wat irriteer jou die meeste?
‘n Paar goed: Honde wat vir niks blaf nie, motorbestuurders wat nie weet hoe sirkels werk nie, iemand wat te veel praat, skottelgoedwas, skeer, kommediante wat dink hulle is snaaks, en mense wat tien keer meer as ek eet en maer bly.

4. Watse vreemde gewoonte het jy?
Verlaat nie die huis sonder twee sakdoeke in my broeksakke nie.

5. Daardie een ding wat nie by die werk moes gebeur nie
Het die mikrofoon aanvergeet en ‘n oproep gemaak op my selfoon. Almal wat geluister het kon my privaatgesprek hoor.