Kgalema Motlanthe het 'n beroep gedoen op voormalige vryheidsvegters om jongmense by programme te betrek wat sal help om Suid-Afrika te ontwikkel

Kgalema Motlanthe het ‘n beroep gedoen op voormalige vryheidsvegters om jongmense by programme te betrek wat sal help om Suid-Afrika te ontwikkel

Oudpresident Kgalema Motlanthe het ‘n beroep gedoen op voormalige vryheidsvegters om jongmense by programme te betrek wat sal help om Suid-Afrika te ontwikkel.

Motlanthe sê die veterane se ondervinding en vaardighede kan ‘n groot bydrae lewer tot Suid-Afrika se vorming.

Hy het op die bekendstelling van die sogenaamde 70’s-Groep in Johannesburg gesê deelname van die jeug is noodsaaklik vir die versterking van sosiale samehorigheid.

Dié groep bestaan uit lede wat ‘n bydrae gelewer het tot die sogenaamde bevryding van Suid-Afrika.