Kommer oor tekort aan antiretrovirale middels

Kommer oor tekort aan antiretrovirale middels

Die Treatment Action Campaign sê die regering het nie ʼn duidelike plan om die krisis rondom antiretrovirale middels in die land op te los nie.

Die wydverspreide tekort aan die middels in die afgelope drie maande raak talle Suid-Afrikaners met MIV/Vigs.

Mpumalanga word glo die ergste getref deur die tekort aan voorraad, gevolg deur Noordwes en Gauteng.

Die TAC sê die kommer bestaan dat indien pasiënte te lank sonder behandeling is, dit daartoe aanleiding mag gee dat die middels nie meer vir hulle sal werk nie.