Kommer oor voedselbeskikbaarheid tydens die afsluiting uit die weg geruim

Tiger Brands sê daar is geen groot bedreiging vir voedselbeskikbaarheid in Suid-Afrika nie.

Ondanks die koronavirus-pandemie het hulle ook volle vertroue in hulle vermoë om voedsel te produseer.

Mense sit paniek-aankope voort voor die 21-dae landswye afsluiting môreaand inskop.

Die uitvoerende hoof, Noel Doyle, het in ‘n onderhoud met Business Day TV gesê hulle werk saam met handelsvennote om te verseker dat daar voldoende buffervoorraad in alle streke is.