Korona gevalle spring met 155 oornag

Die departement van Gesondheid het bevestig dat daar nou 709 bevestigde gevalle van die koronavirus aangeteken is.

Dit is ‘n sprong van 155 van gister se syfer af.

Minister Zweli Mkhize, wat vandag met die SABC gepraat het, sê dat die neiging van ingevoerde oordrag nou na interne oordrag tussen mense verander.