Krieket Suid-Afrika het Ottis Gibson en sy hele afrigtingspan afgedank

Krieket Suid-Afrika het die Proteas se hoofafrigter, Ottis Gibson, en sy hele afrigtingspan afgedank, ná die nasionale span se swak vertoning by die
Wêreldbekertoernooi.

Die beheerliggaam het ook aangekondig dat hy ingrypende veranderings aan die struktuur van die nasionale span beplan.

Dit sluit in die aanstelling van ʼn super spanbestuurder wat verantwoordelik sal wees vir die aanstelling van die volgende afrigter, hulpafrigters en die span se administratiewe personeel.

Gibson was vir twee jaar aan die stuur van die Proteas.