Lede van die EFF betoog tans buite die Laerskool Schweizer Reneke in Noordwes teen rassisme

Lede van die EFF betoog tans buite die Laerskool Schweizer Reneke in Noordwes teen rassisme

Lede van die EFF betoog tans buite die Laerskool Schweizer Reneke in Noordwes teen rassisme.

Dit volg nadat ‘n foto van leerders op sosiale media versprei is waar swart en wit leerders by aparte tafeltjies sit.

Die EFF sê dit is rassisme in die ergste vorm.

Die party het ook die LUR vir Onderwys, Sello Lehare, daarvan beskuldig dat hy nie aandag aan voorvalle van rassisme gee nie.

Lehare besoek die skool in Schweizer-Reneke vandag.

Die leier van die DA, Mmusi Maimane het ook op die beweerde rassisme by die skool gereageer.

Hy sê sy party is in gesprek met die skool om ‘n kultuur aan te moedig waar rassegroepe gelyk behandel word.

Intussen word nog ‘n foto van die skool op sosiale media versprei wat wys hoe swart en wit kinders in ander klasse saam by tafels sit.