Lede van die publiek moet nie paniekbevange raak as die alarms vandag in die Mimosa Mall in Bloemfontein afgaan nie

Lede van die publiek moet nie paniekbevange raak as die alarms vandag in die Mimosa Mall in Bloemfontein afgaan nie

Lede van die publiek moet nie paniekbevange raak as die alarms vandag in die Mimosa Mall in Bloemfontein afgaan nie.

Die bemarkingsbestuurder, Andre Rossouw, het bevestig dat die winkelsentrum vandag sy jaarlikse noodplan-oefening gaan uitvoer, wat die ontruim van die mall behels.

Die presiese tyd is nie bekend nie, maar die oefening sal vroegoggend plaasvind en winkeleienaars, restaurante, besoekers en ook kantoor-personeel sal daaraan deelneem.

Plaaslike owerhede sal op die toneel wees om seker te maak dat alles seepglad verloop.

Besoekers aan die winkelsentrum hoef dus nie paniekbevange te raak as die nood-alarms afgaan nie.