LEES: Die volgende riglyne geld vir Vlak 4 van die inperking

Beweging:
– Die dra van gesigmaskers in die openbaar is verpligtend ten alle tye
– Streng higiëne moet gehandhaaf word sowel as ‘n gesonde afstand tussen persone
– Siftingstoetse word deurgaans in die werksplek en openbaar gedoen
– Aandklok-reël van saans 8-uur tot soggens 5-uur geld

Daar mag in groothandel en kleinhandel met die volgende produkte handel gedryf word:
– Enige voedsel-, higiëniese en reinigings-produkte
– Enige skryfbehoeftes en babasorg-produkte
– Enige wintersklere, winterskomberse en verwarmers
– Enige mediese voorraad
– Enige brandstof, steenkool, hout, gas en tabakprodukte
– Hardeware vir gekwalifiseerde ambagsmanne wat noodherstelwerk vir enige tuiste of noodsaaklike dienste moet verrig
– Enige komponente of onderdele vir voertuie van werkers wat noodsaaklike dienste verrig
– Enige chemikalieë en verpakking en verskaffing van Vlak 4-produkte

Die volgende produkte en/of dienste mag deur die vervaardigingsektor gelewer word:
– Alle Vlak 4-produkte sowel as papierprodukte
– 50% van die normale skryfbehoeftes, sement en bou-materiaal
– 50% van die normale hoeveelheid voertuie sowel as onderdele
– 100% van alle petroleum produkte, insluitend smelt-oonde en raffinaderye

Die volgende produkte en/of dienste mag deur die landbou-, bosbou- en visserye-sektor gelewer word:
– Produksie van landbou-gewasse sowel as lewende hawe en die uitvoer van produkte
– Noodsaaklike vissery dienste
– Noodsaaklike oes van produkte sowel as die stoor daarvan
– Blomme-boere en bosbou-dienste

Die volgende produkte en/of dienste mag deur myne en steengroewe gelewer word:
– 100% steenkool produksie vir Eskom
– 100% produksie vir oopgroef-myne
– 50% produksie vir enige ander myne

Elektrisiteit, gas en watertoevoer:
– Alle elektrisiteit, gas en watertoevoer mag gelewer word

Die volgende produkte en/of dienste mag deur die bou-sektor gelewer word:
– Noodsaaklike siviele ingenieurswese en konstruksie vir openbare werksprojekte (insluitend water, energie, sanitasie, brûe en paaie)
– Noodsaaklike onderhoud- en herstelwerk

Die volgende produkte en/of dienste mag deur die vervoer-sektor gelewer word:
– Vervoer van vragte vir plaaslike gebruik asook buurlande met noodsaaklike goedere wat voorkeur sal geniet
– Publieke vervoer soos onderhewig aan die Vlak 4-regulasies

Die volgende produkte en/of dienste mag deur die gasvryheid-sektor gelewer word:
– Issolasie- en kwarantyn-akkomodasie
– Kos-aflewerings onderhewig aan die aandklok-reël (geen wegneem-etes of aansit-etes nie)

Die volgende produkte en/of dienste mag deur huiswerkers gelewer word:
– Inbly-huiswerkers word toegelaat
– Ondersteuningsdienste vir Vlak 4-personeel wat noodsaaklike dienste verrig

Die volgende produkte en/of dienste mag deur media-verskaffers gelewer word:
– Aanlyn-dienste insluitend lewendige stroom (“Live Stream”)
– Koerante en uitsaaidienste mag operasioneel wees
– Produksies vir plaaslike uitsaaiwese mag vervaardig word

Die volgende produkte en/of dienste mag deur die gesondheids- en welsyn-sektor gelewer word:
– Noodsaaklike werknemers van vakbonde mag werksaam wees
– Alle welsynswerk en welsyns-sorg mag gelewer word
– Begrafnis- en verassingsdienste
– Veeartseny en gepaardgaande mediese dienste
– Bestuur van wild
– Sanitasie, plaagbeheer, rioolwerke en vullisverwydering sowel as 50% herwinning van papier, glas en metaal (sluit informele herwinnaars in)

Die volgende nood-dienste mag produkte en/of dienste lewer:
– Insleepdienste
– Noodsaaklike voertuig herstelwerk
– Noodsaaklike herstelwerk insluitend loodgieters, elektrisiëns en slotmakers

Die volgende produkte rakende finansiële en besigheidsdienste mag gelewer word (werk van die huis af waar moontlik):
– Ondersteuningsdienste vir Vlak 4-diensverskaffers insluitend voertuig-verhuring en gereedskap-verhuring
– Private sekuriteit
– Oproep-sentrums
– Noodsaaklike finansiële dienste
– Payroll-verwante werknemers

Die volgende produkte en/of dienste mag deur die telekommunikasie- en inligting-sektore gelewer word:
– Alle telekommunikasie, inligting en kommunikasie-tegnologie dienste
– Posdienste en koerier-dienste vir Vlak 4-noodsaaklikhede soos mediese toerusting en produkte
– Inligting- en kommunikasie-tegnologie en lugtyd-verkope

Die volgende produkte en/of dienste is steeds verbode vir die Vlak 4-inperking:
– Geen plaaslike of interprovinsiale reise nie, behalwe vir Vlak 4-werknemers wat noodsaaklike dienste verrig
– Geen internasionale reise
– Geen konserte, fliekteaters of byeenkomste nie
– Beperkte oefening (geen openbare gimnasiums)
– Geen lugvaart of seevaart nie
– Geen alkohol-verkope