Limpopo se polisie het beslag gelê op sluiksigarette ter waarde van meer as R1,4-miljoen

Limpopo se polisie het beslag gelê op sluiksigarette ter waarde van meer as R1,4-miljoen nadat ‘n smokkelkonvooi by ‘n padversperring ingewag is.

Die polisie het die drie motors naby Tshipise probeer voorkeer.

Twee van die motors het na ‘n jaagtog onderskeidelik in ‘n heining en ‘n paal vasgery en die derde een het weggekom.

Die insittendes het die voertuie in die veld agtergelaat en te voet gevlug.

Niemand is nog aangekeer nie.