Maatskappy wat na olie en gas soek in die Vrystaat en KZN kry sterk teenkanting

Maatskappy wat na olie en gas soek in die Vrystaat en KZN kry sterk teenkanting

‘n Maatskappy wat met ‘n proses begin om na gas en olie in KwaZulu-Natal en die Vrystaat te soek, kry sterk teenkanting.

Rhino Oil & Gas Exploration Suid-Afrika se aansoek om eksplorasie-regte oor ‘n gebied van ‘n miljoen hektaar, kry die wind van voor van inwoners en landbougroepe.

Boere en omgewingsgroepe is bekommerd dat die eksplorasie uiteindelik tot hidrobreking sal lei.

Die voorsitter van die Memel-boerevereniginging, Tienie Swanepoel, sê veeboere in die omgewing is afhanklik van grondwater en gaan die aansoek teenstaan.