Man uit tronk vrygelaat – 46 jaar nadat hy drie jong kinders vermoor het

Man uit tronk vrygelaat – 46 jaar nadat hy drie jong kinders vermoor het

ʼn Man is uit ʼn Britse tronk vrygelaat – 46 jaar nadat hy drie jong kinders op die dorp, Worcester vermoor het.

Samantha Ralph was nege maande oud en haar sussie en boetie onderskeidelik twee en vier jaar oud toe David McGreavy hulle in 1973 grusaam by hul ouers se huis vermoor het.

Hy was ʼn vriend van die gesin en het by hulle geloseer.

McGreavy het ten tyde van die voorval aangevoer dat hy die kinders vermoor het, omdat die baba nie wou ophou huil nie.

Sky News berig dat die paroolraad besluit het dat hy nie meer ʼn gevaar vir andere inhou nie.