“Meer as 1 600 motoriste is sedert die begin van die feesseisoen landswyd in hegtenis geneem”

Die Padverkeerbestuurskorporasie sê meer as 1 600 motoriste is sedert die begin van die feesseisoen landswyd in hegtenis geneem vir verskeie verkeersoortredings.

Die meerderheid is vasgetrek vir dronkbestuur, spoedoortredings en uitstaande lasbriewe.

ʼn Motoris is in Nkowankowa in Limpopo in hegtenis geneem met ʼn alkoholvlak van sewe keer bokant die wettige perk.

Op die N-4 in Noordwes is nog ʼn motoris aangekeer toe hy meer as 220 kilometer per uur gejaag het.