Meer as ‘n honderd lande dring aan op ‘n ondersoek na die oorsprong van Covid-19

Meer as ‘n honderd lande steun ‘n konsepresolusie van die Wêreld-gesondheidsvergadering waarin gevra word vir ‘n onafhanklike ondersoek na
die oorsprong van die koronaviruspandemie.

Die beheerliggaam van die Wêreld-gesondheidsorganisasie se tweedaagse virtuele vergadering eindig vandag.

The Guardian berig dat hoewel die resolusie nie China spesifiek noem nie, Beijing wel onder die loep geplaas is vanweë sy rol in die pandemie.

Dit het van die oorsprong daarvan in Wuhan laat verlede jaar, meer as 4,7-miljoen mense besmet en meer as 315 000 se dood veroorsaak.