Minstens 400 000 gevalle van Covid-19 is reeds wêreldwyd aangemeld

Die nuutste aantal bevestigde gevalle van die Corona-virus in Suid-Afrika staan op 709 gevalle.

Die land het egter nog geen sterftes nie.

Al die persone wat aangeteken het as besmet, toon tekens van beterskap en net twee is tans in die hoësorgeenheid van twee hospitale.

Minstens 400 000 gevalle van Covid-19 is reeds wêreldwyd aangemeld.

Inligting van die John Hopkins-universiteit in Baltimore in die Amerikaanse staat Maryland toon dat die aantal gevalle die afgelope paar weke
al meer toegeneem het.