Mkhwebane sê haar kantoor sal nie kommentaar lewer oor 'n dokument wat na bewering uitgelek het nie

Mkhwebane sê haar kantoor sal nie kommentaar lewer oor ‘n dokument wat na bewering uitgelek het nie

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sê haar kantoor sal nie kommentaar lewer oor ‘n dokument wat na bewering uitgelek het nie.

Luidens die dokument het sy President Cyril Ramaphosa daaraan skuldig bevind dat hy die parlement onbedoeld mislei het oor ‘n skenking van R500 000 van Bosasa vir sy presidentsveldtog.

Die dokument hou vermoedelik verband met aanklagte van die DA en die EFF oor die skenking.

Gister het ‘n artikel in ‘n Sondagkoerant beweer dat die dokument uit die Openbare Beskermer se kantoor kom.

Volgens die artikel het die koerant die dokument deur een van die President se vertrouelinge bekom.

Mkwebane sê die uitgelekte dokument kan haar ondersoek in die gedrang bring.