Mmusi Maimane sal in sy posisie aanbly tot die federale kongres in 2021

Mmusi Maimane sal in sy posisie aanbly tot die federale kongres in 2021

Die DA se Federale Uitvoerede Bestuur het bevestig dat die partyleier, Mmusi Maimane, in sy posisie sal aanbly tot die federale kongres in 2021.

Dit volg ná bespiegeling dat Maimane se rol in die party bedreig word deur die DA se swak prestasie in die verkiesing.

Die DA se steun het teruggesak tot 20,8% in vergeleke met 22,23% tydens die verkiesing in 2014.

Die voorsitter van die bestuur, Athol Trollip, sê hulle ondersteun Maimane ten volle.