Mmusi Maimane sê die ANC het misluk om beheer te neem oor grense in Suid-Afrika

Mmusi Maimane sê die ANC het misluk om beheer te neem oor grense in Suid-Afrika

Die leier van die DA, Mmusi Maimane sê die ANC het misluk om beheer te neem oor grense in Suid-Afrika.

Maimane het gister in Ladybrand in die Vrystaat stemwerwing gedoen.

Hy sê indien die DA die verkiesing wen sal die party sekermaak dat daar goeie diplomatieke bande met buurlande is.

Maimane sê daar is ‘n behoefte aan grensbeheer en stabiliteit.

Die DA se premierskandidaat in Gauteng, Solly Msimanga en ander leiers sal intussen vandag ‘n plakkaatbetoging hou buite die Departement van Verdediging in Pretoria.

Die party eis dat die regering hulpbronne aan die weermag toeken om die land se grense te beveilig.