Moyane uitgenooi om voorlegging te doen oor die voorlopige verslag oor die SAID

Moyane uitgenooi om voorlegging te doen oor die voorlopige verslag oor die SAID

President Cyril Ramaphosa het die geskorste kommissaris van die SAID, Tom Moyane, uitgenooi om ʼn voorlegging te doen na aanleiding van regter Robert Nugent se voorlopige verslag oor die sake van die inkomstediens.

Die verslag beveel aan dat die president vir Moyane moet afdank en sonder versuim ʼn nuwe hoof moet aanstel.

Dit het ook vir Moyane oor die kole gehaal en sê sy persoonlike belange en ambisies het die normale funksionering van die SAID as gyselaar gehou.

Die presidensie sê Ramaphosa bestudeer tans die verslag.