ʼn Deel van die N-2 hoofweg in die Wes-Kaap is as gevolg van betogings gesluit

Daar heers vandag weer chaos op die N-2 by Somerset-Wes, waar betogings die polisie genoop het om ʼn deel van die besige hoofweg van vroeg vanoggend af in beide rigtings te sluit.

Voertuie is met klippe bestook en voorwerpe in die pad aan die brand gesteek, terwyl die inwoners glo oor behuisingskwessies betoog.

Sommige skole in die Lwandle-gebied kon nie open nie, terwyl die leerders hul rekord-eksamen moet aflê.

Klinieke is ook gesluit en die personeel vrees vir hul veiligheid.