'n Eiendomsagent wat tereg staan op aanklagte van bedrog, korrupsie en meineed sal vandag aansoek doen om borgtog

‘n Eiendomsagent wat tereg staan op aanklagte van bedrog, korrupsie en meineed sal vandag aansoek doen om borgtog

`n 58-jarige eiendomsagent wat tereg staan op aanklagte van bedrog, korrupsie en meineed sal vandag in die Bellville-streekshof aansoek doen om borgtog.

Ibrahim Armien is verlede week in hegtenis geneem.

Sy voormalige vrou, Rugaya van der Schyff, wat as prokureur gepraktiseer het, word ook van bedrog aangekla.

`n Woordvoerder van die Valke, Philani Nkwalas, sê die aanklagte hou verband met bedrogsake tussen Februarie 2009 en Oktober 2010.

Hulle was glo betrokke by eiendomstransaksies van bykans R3,5 miljoen in Khayelitsha en Langebaan.

Van der Schyff sal môre om borgtog aansoek doen.