ʼn Ekonoom sê die feit dat Moody’s waarskynlik nie vanjaar Suid-Afrika se beleggingsgradering afwaarts gaan aanpas nie is slegs goeie nuus in die korte duur

ʼn Ekonoom sê die feit dat die graderingsagentskap Moody’s waarskynlik nie vanjaar Suid-Afrika se beleggingsgradering afwaarts gaan aanpas nie is slegs goeie nuus in die korte duur.

Moody’s sê die land het tans ʼn bestendige ekonomiese vooruitsig, sterk instellings en redelike goeie buitelandse surpluskapitaal.

Die land is sedert 2017 deur die graderingsagentskappe Standard & Poor en Fitch onder beleggingsgraad gegradeer.

Dawie Roodt sê Eskom is steeds die grootste probleem.