’n Gedenkdiens word Woensdagmiddag by die Universiteit van Wes-Kaapland gehou vir die Springbok-legende, Chester Williams

’n Gedenkdiens word Woensdagmiddag by die Universiteit van Wes-Kaapland gehou vir die Springbok-legende, Chester Williams.

Die 48-jarige rugbyspeler is Vrydag vermoedelik aan ’n hartaanval dood.

Williams is die vyfde lid van die 1995-Wêreldbeker-wenners wat sterf.

Die ander is James Small, afrigter Kitch Christie, Joost van der Westhuizen en Ruben Kruger. Williams se begrafnis is Vrydag.