‘n Geskil oor miljoene rand se waterskuld tussen die Mangaung Metro en Bloemwater beteken dat Bloemfonteiners weer swak waterdruk ervaar

‘n Geskil oor miljoene rand se waterskuld tussen die Mangaung Metro en Bloemwater beteken dat Bloemfonteiners weer swak waterdruk ervaar

‘n Geskil oor miljoene rand se waterskuld tussen die Mangaung Metro en Bloemwater beteken dat Bloemfonteiners die soveelste keer die afgelope ruk swak waterdruk ervaar.

Netwerk24 berig die Metro beweer dat Bloemwater sedert 2011 met sowat R311 miljoen oorbetaal is.

Op sy beurt hou Bloemwater vol dat die metro R350 miljoen aan hom vir waterverskaffing verskuldig is.

Die gevolglike toutrekkery oor die miljoene beteken dat die metro nie sy sogenaamde skuld vereffen nie, met Bloemwater wat dan gevolglik waterlewering inperk en in uiterste gevalle selfs onderbreek.

Volgens die DA se waterkenner, Rossouw Botes, is die metro en Bloemwater steeds in gesprek oor die kwessie, maar behoort word die water
vanoggend weer stelselmatig oopgemaak te word.