‘n Lonende rugbykontrak vir die Springbok-slot Eben Etsebeth in Frankryk

‘n Lonende rugbykontrak vir die Springbok-slot Eben Etsebeth in Frankryk

Die Franse klub, Toulon, het bevestig dat die Springbok-slot, Eben Etzebeth, by hulle gaan aansluit ná volgende jaar se Wêreldbekertoernooi.

Die All Black-vleuel, Nehe Milner Skudder, gaan ook van die middel van volgende jaar af al vir die Top 14-klub speel wat daarop neerkom dat hy nie vir Nieu-Seeland beskikbaar gaan wees in die Wêreldbeker nie.

Sport24 berig dat Etzebeth meer as R17-miljoen per jaar by Toulon kan verdien.

Die Suid-Afrikaners Marcel van der Merwe, Juandré Kruger, Jacques Potgieter en JP Pietersen speel reeds vir die klub.