ʼn Man sal na verwagting vandag in die hof verskyn in verband met die dodelike brand op Bettysbaai

ʼn Man sal na verwagting vandag in die hof verskyn in verband met die dodelike brand op Bettysbaai

Die verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met die dodelike brand wat op Oujaarsdag op Bettysbaai aan die Kaapse Suidkus uitgebreek het, sal na verwagting vandag in die Caledonse Landdroshof verskyn.

Die 34-jarige man word aangekla van ʼn oortreding van die wet op Natuurbewaring, nadat hy na bewering ʼn ligfakkel afgevuur het wat ʼn brand in die berge bokant die kusdorp laat ontstaan het.

ʼn Vrou van die nabygeleë Pringlebaai het aan rookinaseming omgekom, terwyl duisende hektaar plantegroei vernietig is.