‘n Man van Bloemhof wat positief getoets het vir die koronavirus en die pad gevat het, is nou onder die sorg van die Vrystaat se Gesondheidsdepartement

‘n Man van Bloemhof in Noordwes wat positief getoets het vir die koronavirus en die pad gevat het nadat hy opdrag gegee is om homself af te sonder, is nou onder die sorg van die provinsie se Gesondheidsdepartement.

Die LUR, Madoda Sambatha, sê die man is op ‘n plaas in Welkom in die Vrystaat opgespoor.

Sambatha sê voorts hulle probeer al die mense wat met die man in verbinding was opspoor.

Die departement hou nou toesig oor alle bevestigde Covid-19-gevalle in die provinsie.