ʼn Menslike fout was waarskynlik die oorsaak van eergister se dodelike treinongeluk in Pretoria

ʼn Menslike fout was waarskynlik die oorsaak van eergister se dodelike treinongeluk in Pretoria

ʼn Voorlopige ondersoek deur die Spoorveiligheidsreguleerder het aan die lig gebring dat ʼn menslike fout eergister se treinongeluk in Pretoria veroorsaak het.

Drie mense het omgekom en meer as 600 is beseer toe twee treine by die Wolmerton-stasie in Mountain View gebots het.

Die woordvoerder van die vervoervakbond, Untu, Sonja Carstens, sê die ongeluk kon verhoed word.