‘n Politieke ontleder sê die ondersoek na Ace Magashule is die verskerping van die interne oorlog in die regeringsparty

‘n Politieke ontleder sê die ondersoek na Ace Magashule is die verskerping van die interne oorlog in die regeringsparty

Die politieke ontleder, Ralph Mathekga, sê die ondersoek na die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, is net ʼn teken van die verskerping van die interne oorlog in die regeringsparty.

Volgens berigte sal oudpresident Kgalema Motlanthe die ondersoek lei na Magashule se beweerde rol in die stigting van ʼn nuwe opposisieparty, die African Transformation Movement.

Daar word beweer dat die ATM gestig is deur ʼn ANC-faksie wat hulself by oudpresident Jacob Zuma skaar.

Mathekga sê daar bestaan geen twyfel dat Magashule gaan terugveg nie.