’n Taxivereniging verwerp dreigemente teen buitelandse burgers

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad het bewerings dat ’n landwye sluiting beplan word om buitelandse burgers te teiken, ten sterkste ontken.

’n Mediaverklaring in dié verband doen tans die rondte op sosiale media.

Santaco se woordvoerder, Thabiso Molelekwa, sê hulle kan nie toelaat dat gesiglose mense wat wil moor en afbrand die taxibedryf by hulle haat vir buitelanders betrek nie.

Intussen het die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, gesê die jongste xenofobiese aanvalle moet op die sterkste moontlike wyse veroordeel word.