ʼn Vulkaan naby die hoofstad van die Filippyne is besig om uit te bars en inwoners het die gebied noodgedwonge ontruim

ʼn Vulkaan naby die hoofstad van die Filippyne is besig om uit te bars en inwoners het die gebied noodgedwonge ontruim nadat kenners gewaarsku het dat nog ʼn gevaarlik uitbarsting moontlik is.

Die Taal-vulkaan is ten suide van Manila op die eiland Luzon.

Die owerhede het opdrag gegee dat drie dorpe ontruim word.

Die Manila Internasionale Lughaweowerheid het alle aankomste en vertrekke afgelas.

Die uitbarsting het ten minste 75 aardbewings tot gevolg gehad.

Intussen het die dodetal in verlede maand se vulkaniese uitbarsting op Nieu-Seeland se White-eiland tot 18 gestyg.

Een van die beseerdes is in ʼn hospitaal dood, terwyl twee mense steeds vermis word en vermoedelik dood is.