‘n Waarnemende regter weier om om verskoning te vra vir kritiek op die afsluit-beperkings

‘n Waarnemende regter van die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg, Gillian Benson, het geweier om om verskoning te vra vir haar kritiek op die regering se afsluit-beperkings.

In ‘n Facebook-inskrywing wat intussen verwyder is, het sy kommentaar, wat kragwoorde bevat, oor president Cyril Ramaphosa en die inperking
gelewer.

In ‘n verklaring aan Business Day sê Benson sy is steeds ontsteld omdat ‘n irrasionele regulasie, sonder in agneming van die beste belang van ouers en kinders, haar kontak met haar eie kind belemmer.

Volgens Benson het sy ingestem om die regbank te verlaat.