Naka Drotske glo in bedenklike toestand in die hospitaal

Naka Drotske glo in bedenklike toestand in die hospitaal

Die voormalige Springbok- en Vrystaat-haker, Naka Drotské, is weer in die hospitaal opgeneem en is glo in ʼn bedenklike toestand.

Hy is verlede week ontslaan nadat hy teen die einde van verlede maand geskiet is tydens ʼn aanval op sy broer se hoewe buite Pretoria.

Drotské het twee operasies ondergaan ná die voorval en is toegelaat om terug te gaan na sy huis in Bloemfontein.

Sy neef, Steven Drotské, het egter op Facebook gesê dat die 47-jarige Naka weer om sy lewe veg.

ʼn Woordvoerder van die familie sê hy het interne bloeding.

Die woordvoerder van Medi Clinic Bloemfontein, Barbara Steenkamp, het aan Maroela Media bevestig dat Drotske aan ‘n asemhalingsmasjien gekoppel is.

Sy toestand is kritiek, maar stabiel.