Naka Drotské is uit die hospitaal ontslaan

Naka Drotské is uit die hospitaal ontslaan

Die voormalige Springbok, Naka Drotské, is ná vier weke uit ʼn Bloemfonteinse hospitaal ontslaan.

Hy is opgeneem nadat hy verlede maand drie keer geskiet is tydens ʼn rooftog op sy broer se kleinhoewe buite Pretoria.

Drotské is ná die voorval in ʼn Pretoriase hospitaal behandel en ná ʼn week toegelaat om terug te keer huis toe in Bloemfontein, maar sy toestand het verswak.

Niemand is nog in verband met die rooftog in hegtenis geneem nie.