Nhlanhla Nene verteenwoordig die land by ʼn internasionale vergadering in Bali

Nhlanhla Nene verteenwoordig die land by ʼn internasionale vergadering in Bali

Die Nasionale Tesourie het bevestig dat die minister van Finansies, Nhlanhla Nene, vandag na Indonesië vetrek, om Suid-Afrika by die jaarvergadering van die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank te verteenwoordig.

Die vergadering duur tot Sondag.

Nene is in die spervuur omdat hy by die Staatskapingskommissie erken het dat hy verskeie kere met die Guptas vergader het, nadat hy vroeër gesê het dat hy lede van die familie slegs by openbare byeenkomste raakgeloop het.

Intussen het die kantoor van die Openbare Beskermer bevestig dat sy ondersoek gaan instel of Nene die uitvoerende gesag se etiekkode wat van toepassing is op ministers en adjunkministers verbreek het.

Die DA het die ondersoek aangevra, ná beweringe oor ʼn transaksie van die Openbare Beleggingskorporasie.

Die party se David Maynier sê hulle sal die uitslag gretig afwag.