NUMSA en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kajuitbemanning gaan vandag by lughawens in die land betoog

NUMSA en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kajuitbemanning gaan vandag by lughawens in die land betoog

Die vakbond, NUMSA en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kajuitbemanning gaan vandag by lughawens in die land betoog.

Hulle is ontevrede oor kwessies by die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die S.A.L se tegniese afdeling.

Dit sluit in die onlangse bedanking van die bestuurshoof, Vuyani Jarana, probleme by die tegniese afdeling en uitdagings met instandhouding, beweerde nepotisme en korrupsie.

Betogings sal tussen 11-uur vanoggend en half twee vanmiddag plaasvind by die lughawens in Durban, Johannesburg, Kaapstad en Oos-Londen.