Numsa het ʼn beroep op die Minister van Openbare Ondernemings gedoen om van die Eskom-voorsitter en die hele raad van die kragvoorsiener ontslae te raak

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, het ʼn beroep op die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, gedoen om van die Eskom-voorsitter, Jabu Mabuza, en die hele raad van die kragvoorsiener ontslae te raak.

Die vakbond is bekommerd oor Gordhan se besluit om Mabuza as tussentydse hoofbestuurder aan te stel omdat dit vir hom ʼn klomp mag oor die kwesbare kragvoorsiener sal gee.

Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê daar bestaan duidelike botsende belange aangesien Mabuza se familie-sakeonderneming nou bande met Eskom het, beide met stoomketel-instandhouding en steenkoolverskaffing.