Ondersoek na gister se treinongeluk bevind dat kabeldiefstal daartoe gelei het dat die sinjaalstelsel nie gewerk het nie

Ondersoek na gister se treinongeluk bevind dat kabeldiefstal daartoe gelei het dat die sinjaalstelsel nie gewerk het nie

Die voorlopige ondersoek na gister se treinongeluk in Pretoria het bevind dat kabeldiefstal daartoe gelei het dat die sinjaalstelsel nie gewerk het nie.

Die passasierspooragentskap Prasa sê egter hy het aansienlike vordering gemaak met die geoutomatiseerde sinjaalstelsel op verskeie roetes en sowat 90 persent van die stelsel is in werking gestel.

Die voorsitter van die Prasa-raad, Khanyisile Kweyama, het gister die toneel van die treinongeluk saam met die minister van Vervoer, Blade Nzimande besoek.

Die aanvanklike ondersoek het bevind dat die outomatiese sinjaalstelsel buite werking was weens kabeldiefstal.

Sinjale wat met die hand bedryf word het die afgelope jare tot verskeie ernstige treinongelukke gelei.

Kweyama sê die nuwe stelsel sal binne maande in bedryf gestel kan word.