Opod beskuldig die ANC van stemkopery

Opod beskuldig die ANC van stemkopery

Die polisiewaghond, Opod, glo dat die geld vanuit ʼn kontrak wat onreëlmatig teen ʼn buitensporige prys deur die polisie toegeken is, gewas en aangewend is vir die koop van stemme tydens die ANC se nasionale konferensie in Desember 2017.

Die beweringe is vervat in ʼn plofbare beëdigde verklaring deur die hoof van Opod, Robert McBride, in ʼn saak tussen die direktoraat en die Nasionale Polisiekommissaris, Khehla Sitole.

Business Day sê die polisiebestuur weier om die dokumente openbaar te maak wat Opod nodig het om drie hoëprofiel korrupsiesake te ondersoek.