Talle inwoners van Durban het aan `n protesoptog oor die stygende
brandstofpryse deelgeneem.

Die optog deur die organisasie PAPPPI, van die King Dinuzulu-park na die stadsaal, was deel van landwye protesoptrede teen brandstofprysstygings weensdie wisselende waarde van die rand en stygende oliepryse.

PAPPPI glo egter die regering kan die brandstofpryse verlaag en dreig om
alle hoofroetes te versper indien die regering nie aan hul eise gehoor geen nie.

Die organisasie se sameroeper, Visvin Reddy, sê brandstofpryse kan tot agt rand per liter verlaag word indien die regering hul voorstelle aanvaar.