Ouers by die Hoërskool Elandspoort in Danville het die skool gesluit uit vrees vir ʼn soortgelyke tragedie as in Vanderbijlpark

Ouers by die Hoërskool Elandspoort in Danville het die skool gesluit uit vrees vir ʼn soortgelyke tragedie as in Vanderbijlpark

Die ouers van leerders by die Hoërskool Elandspoort in Danville, Pretoria-Wes, het die skool gesluit uit vrees vir ʼn soortgelyke tragedie as by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark.

Vier leerders is by dié skool dood en talle beseer toe ʼn betonblad van ʼn oorbrug op die 1ste Februarie ineengestort het.

Die Pretoria News berig die ouers van Elandspoort het onderneem om voort te gaan om die aantal leerders op die perseel te beperk, totdat hul veiligheid gewaarborg kan word.

Klasse is gister steeds opgeskort te midde van vrese dat die 60-jaaroue gebou op die rand van ineenstorting is.