Padsterftes het reeds begin styg

Padsterftes het reeds begin styg

Die Padverkeerbestuurskorporasie sê dit is onaanvaarbaar dat lewensverlies tydens die feesseisoen steeds voortduur op die land se paaie.

Die korporasie se Makhosini Msibi het vandag in Johannesburg by geleentheid van die bekendstelling van die feesseisoen se padveiligheidsveldtog gesê daar was ʼn 20% styging in padsterftes sedert die begin van die maand.

Msibi sê strenger strawwe vir mense wat gevang word dat hulle drink en bestuur is noodsaaklik.

Vandag se veldtogbekendstelling volg nadat 11 mense gisteraand dood is toe ʼn minibus en vragmotor reg van voor gebots het tussen Middelburg en Bethal in Mpumalanga.

Die woordvoerder van die provinsiale Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê die ongeluk het onder mistige omstandighede plaasgevind.