Padverkeerbestuurskorporasie sê hy het ʼn gedragsverandering bemerk onder motoriste oor die afgelope feesseisoen

Padverkeerbestuurskorporasie sê hy het ʼn gedragsverandering bemerk onder motoriste oor die afgelope feesseisoen

Die Padverkeerbestuurskorporasie sê hy het ʼn bemoedigende gedragsverandering bemerk onder motoriste oor die afgelope feesseisoen.

Die land se nasionale paaie en tolhekke het sedert die naweek hoë verkeersvolumes ervaar met vakansiegangers wat op pad is huis toe.

Teen die middel van Desember het daar reeds meer as 700 mense omgekom op die land se paaie.

Die korporasie se woordvoerder, Simone Zwane, sê hulle is bekommerd oor die hoë getal onklaar voertuie langs paaie.

Nagenoeg ʼn duisend mense is tussen Nuwejaarsdag en Saterdag in hegtenis geneem in die Ekurhuleni-metro aan die Gautengse Oosrand.

Hulle word aangekla van verskillende oortredings soos dronkbestuur, die verbreking van die spoedgrens en die besit van of handeldryf in dwelmmiddels.

Die owerheid se metropolisie sê dit volg op intense misdaadvoorkoming, die toepassing van verkeerswette asook wetstoepassingsoptredes by voorafbepaalde probleemgebiede in die gebied.

Altesaam 47 mense het in dieselfde tydperk op die paaie in die gebied omgekom.