Patricia de Lille het aangekondig dat bykans 70% van haar departement se diensverskaffers nou betaal is

Die Minister van Openbare Werke en Onderbou, Patricia de Lille, het aangekondig dat bykans 70% van haar departement se diensverskaffers nou betaal is, ná ʼn ondersoek na die wanbetaling van fakture binne die voorgeskrewe 30 dae.

Sy sê van die meer as 2000 fakture, is ʼn 1390 ten bedrae van R102 miljoen die afgelope vier dae afgehandel.

De Lille sê sy sal voortgaan om die betalings daagliks dop te hou en ʼn vorderingsverslag beskikbaar stel.