Pik Botha oorlede

Pik Botha oorlede

Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, het hulde gebring aan die voormalige minister van Buitelandse Sake uit die apartheidsera, Pik Botha.

Die 86-jarige Botha is gisteraand oorlede.

Hy het in 1996 uit die politiek getree en in 2000 aangekondig dat hy by die ANC wil aansluit.

Holomisa sê Botha se rol om druk uit te oefen op die leierskap van die NP om ten gunste van Suid-Afrika en sy mense te verander, is alom bekend.