Pote Human rig die Blou Bulle af vir die komende Curriebeker-reeks

Die Blou Bulle het bevestig dat Pote Human as hoofafrigter sal optree
vir die duur van die 2018 Curriebeker-seisoen. Die 59-jarige het die Oostelike Provinsie in 116 wedstryde verteenwoordig en die Vrystaat in 84.

Human het ook vir Heyneke Meyer in 2007 as voorspelerafrigter bygestaan, toe die Bulls hulle eerste Superreeks-titel verower het. Die hoofbestuurder vir rugby en Super-hoofafrigter, John Mitchell, sal hom bepaal by sy ander rolle insluitend om meer tyd saam met die junior spelers deur te bring.