Pravin Gordhan sê Cyril Ramaphosa het die laaste sê oor sy toekoms

Die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, sê sy toekoms is in die hande van president Cyril Ramaphosa.

Volgens Business Day gee Gordhan die versekering dat verbete pogings aangewend word om staatsinstellings soos Eskom op ʼn bestendige vlak te kry.

Sekere vakbonde en die EFF het ʼn kabaal opgeskop om Gordhan te laat verwyder.

Ander wil weet hoekom Eskom nie onder die Minister van Energie, Gwede Mantashe, val nie.