President Cyril Ramaphosa sal vanaand die land toespreek oor die nuutste maatreëls rakende die Corona-pandemie

President Cyril Ramaphosa sal vanaand die land toespreek oor die nuutste maatreëls rakende die Corona-pandemie.

Meeste nuusblaaie spekuleer dat Ramaphosa ‘n staat van inperking gaan aankondig, maar kenners is van mening dat daar eers gewag moet word vir die president se toespraak alvorens aannames gemaak word.

Rosestad Nuus wil ook luisteraars maan om alle Whatsapp-boodskappe en boodskappe op sosiale media eers te kontrolleer eerder as om dit as die waarheid te aanvaar.

Die regering het reeds strafprosesse in plek gesit om diegene wat fopnuus oor die virus versprei, aan die volle gewig van die gereg te onderwerp.