President Donald Trump pak die skuld vir die jongste massaskietery op videospeletjies, geestelike ongesteldheid en die sosiale media

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die skuld vir die jongste massaskietery in sy land op videospeletjies, geestelike ongesteldheid en die sosiale media gepak.

Dertig mense is eergister dood in slagtings in Texas en Ohio.

Trump het by die Withuis aan verslaggewers gesê hy beplan hervormingstappe, insluitend samewerking met sosiale mediamaatskappye om massaskieters op te spoor voor hulle aanval.

Intussen het die voormalige klasmaats van die aanvaller in Ohio gesê hy het ʼn lys van kinders opgestel wat hy wou vermoor of verkrag.