President Ramaphosa het ‘n beroep op lede van die SA Nasionale Weermag gedoen

President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep op lede van die SA Nasionale Weermag gedoen op hul pligte tydens die nasionale afsluiting met respek en
nederigheid uit te voer.

Hy het gisteraand die SANW by die Doornkop-weermagbasis in Johannesburg toegespreek op die vooraand van die 21-daelange inperking wat om
middernag, laasnag in werking getree het.

Ramaphosa sê die landsburgers plaas groot vertroue in beide die Weermag en polisie tydens dié moeilike tyd.